Update
MOSSELBAAI NUUS - Die Wes-Kaapse departement van onderwys het sopas aan die Mossel Bay Advertiser bevestig die onderwyser van Laerskool Park wat verskeie seksaanklagte in die gesig staar, het bedank.
Die 44-jarige verdagte sou Vrydag deur die Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys dissiplinêr verhoor word.
Hy het steeds elke maand sedert hy in September 2023 by die skool in hegtenis geneem is, sy salaris van meer as R20 000 ontvang.
Die aanklagte teen hom sluit in verkragting, seksuele aanvoring en seksuele aanranding.
Hy is op borgtog met streng voorwaardes vrygelaat.
Woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van onderwys, Bronagh Hammond het bevestig die verdagte het uit sy eie bedank.
"Die onderwyser het bedank. Hy is dus nie meer indiens van die onderwysdepartement nie. Omdat hy Vrydag verhoor sou word op beweringe van seksuele oortredings, word sy bedanking as 'n onmiddellike ontslag beskou en sal die verdagte nie weer deur die departement aangestel word nie."
Hy verskyn weer op 28 Februarie in die Mosselbaai-streekhof vir moontlike pleitonderhandeling met die Staat.
Vorige artikels:
- Onderwyser voer onder meer gesondheidsredes aan vir borgaansoek
- Slegs media mag onderwyser se borgaansoek bywoon
- Landdros siek, onderwyser se borgaansoek weer uitgestel
- Onderwyser vanoggend in hof
- Onderwyser se borgaansoek uitgestel
- Onderwys departement loods ondersoek na onderwyser se inhegtenisname
- Onderwyser bly in aanhouding tot borgaansoek
- Onnie vas vir beweerde verkragting
- Laerskool onderwyser vandag in hof
‘On bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’