MOSSELBAAI NUUS - Die DA se burgemeesterskandidaat in Mosselbaai, Dirk Kotzé, sê volgens die party se verwerking van voorlopige uitslae vir die munisipale verkiesing in Mosselbaai, het die DA die meerderheid van wyke in dié dorp gewen.
Volgens Kotzé behou die DA al sy vorige wyke (4, 5, 6, 7, 8, 10, 11, 13, 14) en wen ook wyk 9, wat voorheen ’n PA-wyk was, en wyk 3, wat voorheen ’n ANC-wyk was. Hy sê die party wen ook die dorp se twee nuwe wyke, 16 en 17.
Volgens hom behou die ANC die res van sy vorige wyke - 1, 2, 12 en 15.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’