Chris Jones is op 17 November by die Mosselbaai-gholfklub met Gerrit Pool oor sy boek, Tromp-op Rugby, in gesprek. Die boek het as 'n tweeweeklikse rugbyrubriek in Rapport begin en is op versoek van lesers en oudtspelers in boekvorm saamgevat. Die bekendstelling begin om 18:00. RSVP teen 15 November, by jannes@naledia.co.za.