MOSSELBAAI NUUS - ’n 49-jarige man van Mpumalanga wat as vermis aangemeld is, se familie het bevestig dat sy liggaam in Mosselbaai gevind is.
Missing Person South Africa het gister, Donderdag 26 November, in ’n Facebook-plasing gesê die man, Garrett Badenhorst, se familie doen ’n dringende beroep op die publiek vir hulp om vas te stel waar hy hom bevind.
Die blad het egter vandag nog ’n plasing gedeel: “Dit is met diepe hartseer dat Missing Person South Africa aankondig dat die 49-jarige Garrett Badenhorst, ook bekend as Gary, dood gevind is.”
Mossel Bay Advertiser het na Badenhorst se pa, Phillip, uitgereik, wat die hartseer nuus bevestig het.
Volgens Phillip was sy seun op reis in die gebied, maar hulle het sowat twee weke laas van hom gehoor. Hy sê hulle het intussen uitgevind hy is glo in ’n motorongeluk oorlede, en sy liggaam is al vir sowat twee weke in die lykshuis in Mosselbaai. Hulle het egter geen verdere inligting oor die voorval nie.
Phillip het gesê hulle woon in Kriel, Mpumalanga en sy seun was ’n geoktrooieerde rekenmeester in Witbank.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’