MOSSELBAAI NUUS - 'n Laerskool onderwyser van Mosselbaai is Woensdag by die skool deur die polisie op aanklagte van verkragting, seksuele gereedmaking en seksuele aanranding in hegtenis geneem.
Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het daarna die verdagte (43) na sy woning vergesel waar hulle onder meer op elektroniese toerusting beslag gelê het.
FOTOGALERY: Eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe
Hy het Woensdag- en Donderdagaand in die aanhoudingselle geslaap en verskyn vandag, Vrydag 22 September, in die Mosselbaai-landdroshof op die aanklagte teen hom.
Polisiewoordvoerder, sers Chris Spies, sê die beweerde dade het tussen 2019 en 2020 by verskeie persele op Mosselbaai gebeur.
"Die ondersoek duur voort en meer aanklagte mag dalk later by die klagstaat gevoeg word soos die ondersoek ontvou."
Die man kan nie bekend gemaak word totdat hy gepleit het nie en kan ook nie bekend gemaak word indien die bekendmaking daarvan, slagoffers direk of indirek sal identifiseer nie.
Die onderwyser is sedert Woensdag in aanhouding by die Mosselbaai-polisiestasie en verskyn vandag in die Mosselbaai-landdroshof.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’