Update
MOSSELBAAI NUUS - Die gemeenskap is in rou gedompel ná die nuus van die moord van Ralph Taute, wat op Dinsdag 3 November in Fischerstraat, Asla Park, plaasgevind het.
Taute (57) is Dinsdagoggend noodlottig in die bors gesteek ná 'n beweerde woorde-wisseling. 'n 62-jarige man is dieselfde dag in verband met die moord in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
Intussen worstel Taute se familie en vriende met die hartseer oor die verlies van 'n man wat goed bekend en geliefd in die gemeenskap was.
Taute se lewensmaat van baie jare, Elzette Scholtz, het gesê dat hy 'n besonder vriendelike mens was wat altyd tyd vir sy geliefdes gemaak het. Volgens haar het hy altyd grappies gemaak en mense laat lag. Dit was een van die dinge wat haar meer as twee dekades gelede op hom verlief laat raak het.
Scholtz het gesê Taute se deur was altyd vir almal oop.
Toe Mossel Bay Advertiser Dinsdagmiddag die nuus van die moord bekend gemaak het, het die berig op Facebook meer as 130 kommentare van Mosselbaai-inwoners ont-vang wat hul hartseer oor Taute se heengaan uitgespreek het.
Vorige artikel: Mossel Bay man (57) killed, man (62) arrested
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’