Update
MOSSELBAAI NUUS - ‘n Onderwyser het vanoggend vlugtig in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting, seksuele aanranding en seksuele gereedmaking.
Die 43-jarige verdagte is Woensdag by die skool in hegtenis geneem waarna die polisie hom na sy woning vergesel het en beslag gelê het op elektroniese toerusting.
Die onderwyser word daarvan aangekla dat die beweerde dade na bewering tussen 2019 en 2020 by verskeie persele op Mosselbaai met die slagoffer gepleeg is.
Daar is tans 13 aanklagte teen hom en nog klagtes kan, soos die ondersoek ontvou, op die klagstaat gevoeg word.
Verkragting is ‘n ernstige misdryf en word in die geval as ‘n skedule ses oortreding geklassifiseer.
Die verdagte bly in George in aanhouding en sal op Woensdag 4 Oktober in die Mosselbaai-landdroshof vir ‘n formele borgaansoek verskyn.
Intussen duur die polisie se ondersoek voort.
Die man kan nie bekend gemaak word totdat hy gepleit het nie en kan ook nie bekend gemaak word indien die bekendmaking daarvan, slagoffers direk of indirek sal identifiseer nie.
Enigeen met meer inligting kan kapt Franco Bestbier kontak by 083 547 7086 of die ondersoekbeampte in die saak ao Soretha van Zyl by 071 673 5981.
Vorige artikel:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’