Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n Onderwyser van Laerskool Park, wat sedert 20 September in aanhouding is in verband met aanklagte van onder meer verkragting, seksuele aanvoring en seksuele aanranding, sal vir nog twee weke in aanhouding bly, hangende sy borgaansoek.
Die 43-jarige verdagte het vanoggend vlugtig in die Mosselbaai-landdroshof verskyn.
Hy word aangekla van minstens 19 aanklagte wat ook die blootstelling van kinders aan pornografie en die gebruik van ‘n kind om kinderpornografie aan te skaf, insluit.
Die landdros wat die borgaansoek moet hanteer was siek en die eerste beskikbare datum op die hofrol vir dié aansoek is op Maandag, 6 November.Advokaat Gerda Marx tree op vir die Staat en Louise Luterek tree op vir die verdediging.
Vorige artikels:
- Onderwyser vanoggend in hof
- Onderwyser se borgaansoek uitgestel
- Onderwys departement loods ondersoek na onderwyser se inhegtenisname
- Onderwyser bly in aanhouding tot borgaansoek
- Onnie vas vir beweerde verkragting
- Laerskool onderwyser vandag in hof
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’