Feite waaroor lede sekerheid moet hê is onder andere:
- Vorm tandheelkundige en dag prosedures deel van ‘n fonds se risiko komponent of is die lid self vir die uitgawes verantwoordelik?
- VWatter addisionele bybetalings is van toepassing op prosedures binne die hospitaal?
- hospitaalplan,
- hospitaalplan met ’n spaar komponent,
- omvattende planne, en
- netwerk planne.
’n Hospitaalplan met ’n spaar komponent werk volgens dieselfde beginsel as die hospitaal plan met die verskil dat daaglikse uitgawes soos dokters- of tandarts besoeke uit die spaar komponent betaal word.
Hospitaal-en-spaarplanne is nie noodwendig die koste doeltreffendste nie. Alhoewel kenners reken dat jong en gesonde lede dikwels die beste daaraan toe is met ‘n hospitaal-of-spaarplan omdat hulle selde siek word, kan ‘n siektetoestand wat onverwags toeslaan lede met die verkeerde mediese fonds in ‘n swak finansiële posisie laat.
’n Omvattende plan is die antwoord as jou hospitaalplan se spaar voordeel vinnig kwyn en jy ander dag-tot-dag uitgawes het, of as jy spesifieke chroniese kondisies het. As die totale koste die van ’n omvattende plan oorskry, kan ’n skuif na laasgenoemde die lonendste wees.
Netwerk planne, ook genoem Kapitasie planne. Met hierdie plan word 'n lid se premie bepaal volgens sy/haar inkomste. Met die tipe plan word die lid beperk tot sekere gelyste privaat hospitale asook GP dokters, tandartse en oogartse. Hierdie diensverskaffers moet gekies word volgens 'n lys. Spesifieke uitsluitings vir binne hospitaal prosedures kan ook van toepassing wees.
Die regte onafhanklike gesondheidsorg konsultant tref vergelykings en kan vir lede uit verskeie fondse die beste opsie aanbeveel.
Lede moet seker maak watter toegang hulle tot diensverskaffers en medikasie het - is dit byvoorbeeld net dit wat die fonds voorskryf of kan u self kies? Kyk ook mooi wat is die terugbetalings koers – fondse se terugbetalings wissel byvoorbeeld tussen 100%, 200% en 300% van hul eie koers. Dit beteken as die dokter duurder is as die fonds se koers gaan u as lid moet inbetaal. Sien voorbeeld aangeheg.
Meer as jou mediese fonds tarief:
Deesdae word pasiënte wat dienste binne ’n hospitaal verlang gekonfronteer met "privaat" of "uitgekontrakteerde" tariewe, wat tot gevolg het dat hul mediese fonds nie die volle bedrag wat die dokter, spesialis of narkotiseer vra vir die prosedure uitbetaal nie.
Mediese fondse betaal as ’n reël binne hospitaal prosedures teen die Mediese Fonds Tarief.
‘n Lid van ’n mediese fonds kan dus ’n redelike skok kry indien ’n Spesialis bv. R10 000 hef vir ’n prosedure, maar die Mediese Fonds Tarief wat voorgeskryf is, is slegs R6000.
Die lid sal die balans van R4000 uit sy / haar sak moet opdok.
"Gap Cover" oorbrug hierdie gaping. Hierdie binne-hospitaal gaping dekking betaal tot 5 keer (500%) die mediese fonds tarief, met geen jaarlikse limiet van toepassing nie.
"Gap Cover" is ’n korttermyn versekeringsproduk en koste beloop vanaf R104 tot R215 per maand afhangende van die tipe polis. Hierdie kostes is per gesin en nie vir elke lid nie. ‘n Gesin van vier kan dus R104-00 per maand betaal afhangende van die dekking geneem. Wagperiodes is van toepassing en terme en voorwaardes geld.
Die volgende voorbeeld illustreer wat Gap in werklike gevalle die afgelope 3 maande uitbetaal het.
Prosedure, Mediese Fonds Tarief, Ware Koste en Gap Cover Betaal:
*Bors Biopsie - Spesialis koste:
R2 641.21, R4 349.21 en R1 707.89
*Rug Chirurgie - Spesialis koste:
R3 207.20, R6 180.00 en R2 972.80
*Spinale Fusie - Spesialis koste:
R18 503.90, R55 320.46 en R38 165.56
*Cystoscopy - Spesialis koste: R7 825.00, R16 264.20 en R8 439.20
*Keisersnee - Spesialis koste: R3 984.24, R12 507.39 en R8 523.15
Laastens: Wat is Voorgeskrewe Minimum Voordele?
Dit is lewensbedreigende siektes/kondisies byvoorbeeld: kanker, diabetes, hoë bloeddruk, asma, cholesterol.
Alle mediese skemas moet sedert 2004 voordele bied vir 270 gelyste diagnoses en nood mediese toestand behandelings wat in die Regulasies van die wet op Mediese Skemas 1998 gelys is, asook 25 geïdentifiseerde Chroniese siektetoestande.
Mediese Fondse kan hul lede versoek om net van Spesifieke Diensverskaffers (m.a.w. hospitale, dokters en apteke) vir voorgeskrewe minimum voordele gebruik te maak, andersins sal daar bybetalings van toepassing wees. Die diensverskaffers kan ook ’n publieke/staats hospitale wees.
Dit is belangrik dat die korrekte roete, protokol en prosedures gevolg word. Om seker te maak dat jy op die regte plan is of vir meer inligting oor GAP dekking kan Karin Theron van Boshoff Visser Finansiële Dienste Edms. Bpk gekontak word by 028 514 1102.
Boshoff Visser Finansiële Dienste Edms Bpk. is ’n geregistreerde finansiële diensverskaffer. Lisensienommer 11969. Bostaande artikel is slegs per inligting en is nie advies nie.