GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Ná sers. Lauriane Botha se saak voorheen uitgestel is vir vertoë oor die moontlike terugtrekking van die aanklagte, het die Staat besluit om met die vervolging voort te gaan.
Die woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, Eric Ntabazalila, het dié besluit bevestig en gesê Botha, die woordvoerder vir die Groot-Brakrivier-polisie, se saak is uitgestel tot 29 September sodat ’n streeks- of prioriteitshofdatum bevestig kan word.
Botha is in Februarie op aanklagte van korrupsie, regsverydeling en intimidasie gearresteer.
Vorige artikels:
- Meer besonderhede oor Groot-Brak-polisiewoordvoerder se aanklagte
- Groot-Brak-polisiebeampte gearresteer, verskyn in hof
- Case against Great Brak officer postponed
- Groot-Brak-sersant se saak weer uitgestel
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’