Update
MOSSELBAAI NUUS - Die verhoor van Shadreck Methu (32), die man wat daarvan beskuldig word dat hy die Hartenbos-sakeman Desmond Share (53), in Augustus 2023 vermoor het, sal na verwagting vandag in die Mosselbaai-streekhof begin.
Share se familie het hom op 1 Augustus 2023 as vermis aangemeld nadat hy daardie oggend Hartenbos in sy Ford Ranger verlaat het vir ’n sakereis na Herbertsdale en nooit teruggekeer het nie.
Sy liggaam is op 5 Augustus in bosse naby Albertinia gevind.
Share se bakkie is in Kaapstad gevind. Foto: Verskaf
Methu is kort daarna in Du Noon, Kaapstad, in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.
Hy staan tereg op aanklagte van moord, kaping en ontvoering.
Drie ander verdagtes, wat ook met die voorval verbind word, is steeds op vrye voet.
Vorige artikels:
- Desmond Share se bakkie gevind
- Inwoners teken petisie teen Share-verdagte se borg
- 1 in hof vir moord op Share
- Verdagte in hof vir moord op Desmond Share
- Desmond Share se dood bevestig
- Vermiste man se bril gevind
- Vermiste man se voertuig op kamera gesien
- Hartenbos-sakeman word vermis
- Desmond Share verdagte vir borgaansoek in hof
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’