MOSSELBAAI NUUS - Hoewel inligting oor die omstandighede van die vermiste sakeman van Hartenbos, Desmond Share (53) nog vaag is, kon die polisie bevestig dat sy voertuig Dinsdagaand omstreeks 18:06 by ‘n vulstasie naby Buffelsjagsrivier opgemerk is.
Share se familie het hom Dinsdag as vermis by die Da Gamaskop-polisiestasie aangemeld.
Woordvoerder van die polisie, ao Kappie Kapp sê ‘n voorlopige ondersoek dui daarop dat Share Dinsdagoggend vanaf Hartenbos vertrek het om werk in Herbertsdale af te handel, maar hy het nie teruggekeer nie.
Share se voertuig, 'n wit Ford Ranger word ook vermis en is Dinsdagaand deur kringtelevisiekameras by 'n vulstasie naby Buffelsjagsrivier vasgevang.
Kapp wou nie verder oor die voorval uitbrei nie en sê die ondersoek duur voort.
Enigiemand met inligting word gevra om met ao Arleen Stokes in verbinding tree (?044 606? 2213 of ?061 317 2239?).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’