Update
MOSSELBAAI NUUS - Dit is drie dae sedert 'n man van Hartenbos, Desmond Share (53) deur sy familie by die Da Gamaskop-polisiestasie as vermis aangemeld is.
Share se voertuig is Dinsdagaand omstreeks 18:06 by ‘n vulstasie naby Buffeljagsrivier opgemerk.
Luister hier: Familielid Benna van den Bergh
Woordvoerder van die polisie, ao Kappie Kapp sê ‘n voorlopige ondersoek dui daarop dat Share Dinsdagoggend vanaf Hartenbos vertrek het om werk in Herbertsdale af te handel, maar hy het nooit teruggekeer huis toe nie.
Die Mossel Bay Advertiser het betroubaar verneem dat daar reeds tydens twee geleenthede geld vanuit Share se rekening onttrek is.
Twee insittendes is ook na wat verneem word in Share se voertuig, 'n wit Ford Ranger Dinsdag deur kringtelevisiekameras by 'n vulstasie naby Buffelsjagsrivier opgetel.
Hoewel die polisie tot op hede net aan die media bevestig het dat 'n saak van 'n vermiste persoon ondersoek word, het die Da Gamaskop GPF op sosiale media gesê die polisie ondersoek 'n saak van ontvoering en diefstal van motorvoertuig.
'n Familievriend van die Shares, Benna van den Bergh het vanoggend aan die Mossel Bay Advertiser gesê soekspanne het glo op Share se bril op 'n toneel in Herbertsdale afgekom. "Ons doen 'n beroep op enigeen wat die voertuig sien om die polisie te kontak".
Desmond Share (53)
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’