Update
MOSSELBAAI NUUS - ’n Inwoner by Diazstrand het onlangs aan Mossel Bay Advertiser gesê huiseienaars is gefrustreerd omdat hulle steeds nie toegang tot die strand het nie.
Dit volg na ernstige vloedskade in die gebied in Mei vanjaar.
Die Advertiser het ’n navraag aan die Mosselbaai-munisipaliteit gestuur om te vra wat die mees onlangse inligting hieroor is.
Woordvoerder Cornelle Carstens-Johnston sê weens die ernstige skade het die raad besluit om die strand te sluit vanweë die gevaarlike toestand op die strand.
“Die raad het besluit om ’n bedrag van nie meer as R20 miljoen te bewillig vir die stabilisering van die duine aangesien die strand as een van die munisipaliteit se belangrikste bates beskou word.”
Die herstel van die strand en geriewe is egter onderhewig aan wetgewing.
Carstens-Johnston sê die munisipaliteit is tans in proses met die nakoming daarvan ten einde die nodige herstelwerk aan te bring.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’