Update
MOSSELBAAI NUUS - Die Lesotho-burger, Stephen Lekoro wat aangekla word van die wrede moord op 'n egpaar van Groot-Brakrivier het vanoggend gesukkel om vrae tydens kruisondervraging in die hooggeregshof op Mosselbaai te beantwoord.
Die 72-jarige Tewie Human en sy 62-jarige vrou, Eurika is in hul huis op in Junie 2016 vermoor. Lekoro het vir die Humans gewerk en na die moorde na Lesotho gevlug.
Twee skootrekenaars en selfone is onder meer by die Humans gesteel.
Senior Staatsadvokaat, Lenro Badenhorst het Lekoro gevra of hy ‘n verduideliking kan gee vir die foto’s van vuurwapens, klein, wit steentjies wat soos diamante lyk, asook foto’s van groot bedrae opgerolde R200 note wat op sy skootrekenaar gevind is.
Lekoro kon nie ‘n verduideliking hiervoor gee nie en het gese die foto’s is nie syne nie.
Badenhorst het Lekoro gevra wat die doel van die foto’s was waar hy met twee skootrekenaars in sy hande vir die kamera poseer. Lekoro het die vraag bly ontduik tot Regter Mark Sher hom gewaarsku het dat dit teen hom kan tel.
Die saak duur vanmiddag voort.
Lees vorige artikels:
- Moordverdagte trap klei in hof
- Moordverdagte begin getuienis
- Deurslaggewende getuienis in Humansaak
- Veroordeelde moordenaar gekruisondervra
- Veroordeelde moordenaar getuig vandag teen vriend
- Gru besonderhede oor moord op Humans
- Staat roep die eerste getuies
- Polisiebeampte wat eerste op moordtoneel kom getuig
- Getuie ken verdagte op foto's uit
- Humans het glo oor verdagte gestry
- Eerste getuie in dubbelmoordsaak geroep
- Verhoor van dubbelmoordverdagte begin
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'