Update
MOSSELBAAI NUUS - Die veroordeelde moordenaar, Thamsanqa Sishuba het vandag vir die staat in die verhoor van sy vriend, die 29-jarige Stephen Lekoro in die rondgaande Hoërhof op Mosselbaai getuig.
Advokaat Dawie Scholtz het Sishuba gekruisondervra.
In ‘n verrassende wending het Sishuba gister aan Regter Mark Sher gesê dat Lekoro hom die naweek voor die grusame dubbelmoord op Tewie Human (72) en sy vrou, Eurika (62) genader het met die voorstel om die egpaar te vermoor.
Tewie is met ‘n mes gesteek en met ‘n panga oor sy kop geslaan en Eurika is op die egpaar se bed met ‘n mes vermoor.
Lekoro het in ‘n pleitverduideliking die skuld op Sishuba gepak en beweer dat hy Tewie slegs een keer met ‘n mes gesteek het voordat hy weggehardloop het en na Lesotho gevlug het.
Sishuba, wat tans twee lewenslange vonnisse uitdien vir sy aandeel in die moord sê egter dit is hy wat Tewie slegs een keer met ‘n panga geslaan het, glo omdat Lekoro hom beveel het, waarna hy weggehardloop het.
Tydens kruisondervraging het Scholtz dit aan Sishuba gestel dat hy verswyg het om die besonderhede tydens sy verhoor voor Regter Robert Henney bekend te maak en vir hom gesê hy lieg.
Scholtz het volgehou tydens kruisondervraging en Sishuba gevra hoekom hy nou skielik met nuwe inligting voorendag kom. Sishuba het aan die hof gesê hy vertel nou die waarheid oor hy ‘n tweede geleentheid kry om aan die hof te vertel wat op die betrokke dag gebeur het.
Scholtz het aan Sishuba gevra hoekom hy dan tydens sy moordverhoor vir die hof gelieg het deur te beweer dat daar nog twee verdagtes by die dubbelmoord betrokke was.
Sishuba het weer die blaam op Lekoro geplaas en het gesê Lekoro het vir hom gesê as die polisie hom ondervra hy moet vertel dat daar nog twee verdagtes ook op die toneel was. Die saak duur môre voort.
Lees vorige artikels:
- Veroordeelde moordenaar getuig vandag teen vriend
- Gru besonderhede oor moord op Humans
- Staat roep die eerste getuies
- Polisiebeampte wat eerste op moordtoneel kom getuig
- Getuie ken verdagte op foto's uit
- Humans het glo oor verdagte gestry
- Eerste getuie in dubbelmoordsaak geroep
- Verhoor van dubbelmoordverdagte begin
- Double murder accused back in court
- Voortvlugtige moordverdagte vasgetrek
- Vermeende 'meesterbrein' vas na 2 jaar
- Groot-Brakrivier moordenaar in hegtenis
- Groot-Brak moordenaar swaar gevonnis
- Double murder: man found guilty
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'