Update
MOSSELBAAI NUUS - Die staat het vandag sy eerste getuies geroep in die saak teen Lebohang Stephen Lekoro wat van die moord op Tewie Human (72) en sy vrou Eurika (62) van Groot-Brakrivier aangekla word.
Die Humans is op 14 Junie, 2016 by hulle woning in Sandhoogtepad vermoor. Eurika is met ‘n mes gesteek en Tewie is buite die huis by die motorhuis verskeie kere met ‘n panga aangeval en met ‘n mes gesteek. Die verdagte het vir die Humans gewerk. Hy ontken skuld op vier aanklagte wat moord en roof met verswarende omstandighede insluit teen hom.
Lekoro het vandag in die hof ontspanne voorgekom en by monde van sy regsverteenwoordiger, adv. Dawie Scholtz tydens ‘n pleitverduideliking aan Regter Mark Sher gesê dat hy onskuldig pleit op die aanklagte teen hom.
Hy voer wel aan dat hy wel tydens die oggend van die moord by die Humans se woning was, maar dat hy ‘n vriend van hom, die 27-jarige Thamsanqa Sishuba wat tans twee lewenslange vonnisse uitdien vir sy aandeel in die moord op die Humans soontoe geneem het om werk vir Tewie te doen. Lekoro pak die blaam op Sishuba en beweer dat Tewie hom (Lekoro) met die vuis geslaan het nadat hy na bewering die verkeerde tipe olie in ‘n masjien gegooi het en Tewie hom glo vererg het. Lekoro beweer dat hy geskrik het op die ingewing van die oomblik ‘n mes wat op die werktafel was gegryp
Getuies
‘n Jarelange vriendin van die Humans, Doretha Wilson het vandag getuig dat sy onraad vermoed het toe die Humans nie hulle selfone of huisfoon antwoord nie.
Wilson het aan Regter Sher gesê dat sy een keer by die egpaar se huis was, maar dat alles gesluit was. Sy het getuig dat sy gedink het die egpaar is dorp toe en het later vir hulle ‘n boodskap gestuur om te sê dat sy vir hulle suurlemoene wil bring.
Sy het egter “gevoel alles is nie reg nie” en het weer na die woning teruggekeer waar sy aan die skuifdeur gepluk het. Die Humans se twee honde, ‘n Yorkie en ‘n Staffordshire Terrier het na die deur gehardloop en die gordyn voor die deur opgelig.
Wilson sê sy het toe geweet daar is fout omdat die Humans nooit hulle honde binne sou toesluit nie. Sy het die bure gaan roep wat toe saam met haar na die huis is. Wilson sê hulle het die slaapkamervenster opgelig en mev Human op die bed sien lê. Hulle het daarna Suiderkruis Sekuriteit gekontak en om hulp gevra en gevra dat die sekuriteitsmaatskappy die polisie op Groot-Brakrivier moet kontak.
‘n Tweede getuie van Absa-bank het getuig dat R14 000 om 20:20 dieselfde aand van die moord vanuit mnr Human se bankrekening oorgeplaas is na ‘n FNB rekening.
Die Humans se skoonseun, Gerhard Pietersen het getuig dat die oorledenes reeds in Januarie 2016 oor Stephen ‘vasgesit’ het. Volgens Pietersen het mev Human gemeen dat mnr Human Stephen te veel toelaat, soos dat hy sonder om te klop, by die huis ingekom het om sy kos warm te maak. Hy het verder getuig dat die Humans voor hom openlik oor Stephen gestry het en dat mnr Human vir Stephen verdedig het.
Die saak gaan op Dinsdag, 6 Augustus voort.
Die Humans se skoonseun ds Gerhard Pietersen (regs) sal more verder getuig.
Lees vorige artikels:
- Eerste getuie in dubbelmoordsaak geroep
- Verhoor van dubbelmoordverdagte begin
- Double murder accused back in court
- Voortvlugtige moordverdagte vasgetrek
- Vermeende 'meesterbrein' vas na 2 jaar
- Groot-Brakrivier moordenaar in hegtenis
- Groot-Brak moordenaar swaar gevonnis
- Double murder: man found guilty
- Verdagte getuig vandag
- Eurika Human vermoedelik dadelik dood
- Human-moorde: verdagte pleit onskuldig
- Human-moorde: hofverrigtinge 'emosioneel'
- Groot-brak dubbele moord: familie by hof
- Dubbele moord: verdagte vandag in hof
- Groot-Brak-moorde: saak uitgestel
- Gru-moorde: Man in hof vir borgaansoek
- Opvolg: Verdagte in hof vir gru-moorde
- Groot-Brak gru-moorde: Verdagte in hof
- Verdagte vir Groot-Brak-egpaar se moord aangekla
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'