Update
MOSSELBAAI NUUS - Die hooggeregshofsaak van die man wat as die meesterbrein agter die dubbelmoord van ‘n egpaar op Groot-Brakrivier verdink word, begin vandag in die rondgaande hof op Mosselbaai.
Die verdagte, die 27-jarige Steven Lekoro het kort na die moord op die 72-jarige Tewie en 62-jarige Eurika Human drie jaar gelede na Lesotho gevlug.
Tewie is met ‘n panga aangerand en Eurika is met ‘n mes gesteek. Die egpaar se liggame is dae later gevind. Eurika het op die egpaar se bed gele en Tewie se liggaam is in die motorhuis gevind.
Lekoro het vir die Humans by hulle huis in Sandhoogtepad gewerk.
Hy is in November verlede jaar in Bloemfontein in hegtenis geneem na ‘n gesamentlike ondersoek waarby Interpol betrek is. Lekoro se vriend, die 27-jarige Thamsanqa Sishuba dien tans twee lewenslange vonnisse uit vir sy aandeel in die moord op die Humans. Hy is in September verlede jaar gevonnis.
Lees vorige artikels:
- Double murder accused back in court
- Voortvlugtige moordverdagte vasgetrek
- Vermeende 'meesterbrein' vas na 2 jaar
- Groot-Brakrivier moordenaar in hegtenis
- Groot-Brak moordenaar swaar gevonnis
- Double murder: man found guilty
- Verdagte getuig vandag
- Eurika Human vermoedelik dadelik dood
- Human-moorde: verdagte pleit onskuldig
- Human-moorde: hofverrigtinge 'emosioneel'
- Groot-brak dubbele moord: familie by hof
- Dubbele moord: verdagte vandag in hof
- Groot-Brak-moorde: saak uitgestel
- Gru-moorde: Man in hof vir borgaansoek
- Opvolg: Verdagte in hof vir gru-moorde
- Groot-Brak gru-moorde: Verdagte in hof
- Verdagte vir Groot-Brak-egpaar se moord aangekla
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'