Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n Onderwyser van Laerskool Park sal Vrydag deur die Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys dissiplinêre verhoor word.
Dit volg nadat die 44-jarige verdagte in September 2023 by die skool in hegtenis geneem is op aanklagte van verkragting, seksuele aanvoring en seksuele aanranding.
Die 44-jarige onderwyser het nooit weer terug gekeer skool toe nie en is sedertdien op borgtog met streng voorwaardes vrygelaat.
Sy naam mag nie bekend gemaak word tot hy gepleit het op die aanklagte teen hom nie en sal volgens die mediawet ook nie bekend gemaak mag word indien dit die identiteite van sy minderjarige kinders of die slagoffers bekend sal maak nie.
Hy ontvang steeds elke maand sy salaris.
Tydens sy borgaansoek wat Mossel Bay Advertiser bygewoon het, is aan die hof gesê die bedrag beloop meer as R20 000 per maand.
Volgens die woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van onderwyser, Bronagh Hammond word die verdagte steeds maandeliks betaal omdat hy nog nie deur die raad skuldig bevind is nie.
Afhangend van die raad se bevinding staar hy die moontlikheid in die gesig vir die betaling om opgeskort te word.
Hy verskyn weer op 28 Februarie in die Mosselbaai-streekhof vir moontlike pleitonderhandeling met die Staat.
Vorige artikels:
- Onderwyser voer onder meer gesondheidsredes aan vir borgaansoek
- Slegs media mag onderwyser se borgaansoek bywoon
- Landdros siek, onderwyser se borgaansoek weer uitgestel
- Onderwyser vanoggend in hof
- Onderwyser se borgaansoek uitgestel
- Onderwys departement loods ondersoek na onderwyser se inhegtenisname
- Onderwyser bly in aanhouding tot borgaansoek
- Onnie vas vir beweerde verkragting
- Laerskool onderwyser vandag in hof
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’