Update
MOSSELBAAI NUUS - Die polisiebeampte wat eerste op die moordtoneel by die woning van Tewie Human (72) en sy vrou, Eurika (62) afgekom het, het vandag in die rondgaande Hooggeregshof op Mosselbaai getuig.
Adjudant offisier FJ Schutte, verbonde aan die speurtak van die Groot-Brakrivier-polisiestasie het getuig dat hy op 18 Junie, 2016 pas vir aandskof aangemeld het toe daar ‘n klagte inkom.
Schutte sê hy het na die toneel in Sandhoogtepad gery waar die Humans se bure en ‘n vriendin van die Humans hom ingewag het.
Hy sê hy het saam met hulle na die slaapkamervenster gestap en toe hy die kantgordyn wegtrek het hy gesien dat daar ‘n persoon op die bed lê.
Schutte het sy kollegas se hulp ontbied en saam het hulle toegang tot die huis verkry deur ‘n skuifdeur oop te forseer. Die huis was gesluit en die ligte was af. “Toe ons die deur oopmaak het ‘n Staffordshire Terrier uitgehardloop.” Schutte sê hulle het hulle voetsole bedek en deur die huis gestap. Hy het bloedspatsels op die eetkamerteëls gesien en die eetkamerstoele was uitgetrek asof daar ‘n ‘rondskuiwery’ was. Daarna het hy na die slaapkamer gestap waarvan die deur toegetrek was. “Ek het die deur oopgemaak en ‘n Yorkshire Terrier het uitgehardloop.”
Hy sê Eurika het op die bed gelê. Paramedici is intussen ook na die toneel ontbied en ‘n paramedikus het probeer vasstel of Eurika nog leef. Sy was reeds dood. ' n Beker onaangeraakte koffie/tee het op die bedkassie gestaan. Schutte sê hy het daarna na die motorhuis gegaan omdat die bure vir hom gesê het dat die Humans se voertuig gewoonlik buite staan. Hulle het ook gesê dat daar nog ‘n persoon saam met Eurika gewoon het. Schutte het om die motorhuis geloop en alles was gesluit. Hy het die slot van die motorhuis oopgebreek en toe hy instap bloedspatsels op die vloer gesien. Schutte het daarna op die liggaam van Tewie afgekom waar hy op sy maag gelê het.
Lees vorige artikels:
- Getuie ken verdagte op foto's uit
- Humans het glo oor verdagte gestry
- Eerste getuie in dubbelmoordsaak geroep
- Verhoor van dubbelmoordverdagte begin
- Double murder accused back in court
- Voortvlugtige moordverdagte vasgetrek
- Vermeende 'meesterbrein' vas na 2 jaar
- Groot-Brakrivier moordenaar in hegtenis
- Groot-Brak moordenaar swaar gevonnis
- Double murder: man found guilty
- Verdagte getuig vandag
- Eurika Human vermoedelik dadelik dood
- Human-moorde: verdagte pleit onskuldig
- Human-moorde: hofverrigtinge 'emosioneel'
- Groot-brak dubbele moord: familie by hof
- Dubbele moord: verdagte vandag in hof
- Groot-Brak-moorde: saak uitgestel
- Gru-moorde: Man in hof vir borgaansoek
- Opvolg: Verdagte in hof vir gru-moorde
- Groot-Brak gru-moorde: Verdagte in hof
- Verdagte vir Groot-Brak-egpaar se moord aangekla
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'