Update
MOSSELBAAI NUUS - Die pleitonderhandelinge tussen die Staat en die regspan van ’n 44-jarige voormalige onderwyser van Mosselbaai wat van onder meer verkragting aangekla word, was vandag, 31 Maart, onsuksesvol in die Mosselbaai-streekhof.
Die verdagte het vanoggend vlugtig in die hof verskyn. Omdat ’n ooreenkoms nie tussen die Staat en die regspan bereik kon word om met die pleitonderhandelinge voort te gaan nie, sal die saak op verhoor gaan.
Die verdagte se identiteit mag volgens die mediawet eers bekend gemaak word sodra hy formeel gepleit het.
Die Staat en die regspan kon nie ooreenstem oor die termyn van gevangenisstraf nie. Die Staat wou meer hê en die regspan wou in die pleitonderhandelinge minder hê.
Hy sal eers ’n formele pleitgeleentheid op die dag van die verhoor kry, waarna sy identiteit bekend gemaak sal word.
Die saak is na 23 Januarie tot 27 Januarie 2026 vir verhoor uitgestel.
Die rede hoekom die verhoor na die spesifieke datum uitgestel is, is omdat dit die enigste datum is wat al die partye gepas het.
Vorige artikels:
- Onderwyser voer onder meer gesondheidsredes aan vir borgaansoek
- Slegs media mag onderwyser se borgaansoek bywoon
- Landdros siek, onderwyser se borgaansoek weer uitgestel
- Onderwyser vanoggend in hof
- Onderwyser se borgaansoek uitgestel
- Onderwys departement loods ondersoek na onderwyser se inhegtenisname
- Onderwyser bly in aanhouding tot borgaansoek
- Onnie vas vir beweerde verkragting
- Laerskool onderwyser vandag in hof
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’