MOSSELBAAI NUUS - Die outopsie op Arno van der Mescht (21), wat op 20 Maart deur 'n fratsbrander van die rotse onder die Mosselbaai-gholflandgoed afgeslaan en in die see verdwyn het, is op Dinsdag, 5 April afgehandel.
Die Mosselbaai-polisie het bevestig dat die oorsaak van die dood verdrinking was. Van der Mescht se liggaam is verlede week positief uitgeken deur die familie.
Op die dag van sy verdwyning het hy en vyf vriende vanaf Albertinia gereis om die dag op Mosselbaai te kom deurbring.
Na 'n staptog na die grotte op die St Blaize-staproete, is Van der Mescht deur 'n fratsbrander van die rotse afgeslaan.
Sy liggaam is nege dae later gevind en die volgende dag herwin en aan die polisie se forensiese eenheid oorhandig.
Vorige artikels:
- Liggaam in see gevind
- Soektog na vermiste lewer steeds niks op
- Soektog na vermiste man weer uitgestel
- Vriende praat na 21-jarige onder water verdwyn
- Search for missing man continues
- Soektog na vermiste man gaan vandag voort
- Soektog na vermiste man uitgestel
- Helikopter deel van reddingspan na man van rotse val
- Soektog na 'n man wat van rotse val
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'