Update
MOSSELBAAI NUUS - Cecil Shephardstraat op Mosselbaai is tans afgesper sodat privaat helikopters daar kan land.
Die helikopters neem deel aan die soektog na ‘n 21-jarige man, wat vroeër vanmiddag vermis geraak het, nadat hy van die rotse tussen die Punt en Mosselbaai-gholflandgoed afgeval het.
FOTOGALERY: Soektog na 21-jarige man
Helikoptervlieënier Barnie Tromp, asook Mosselbaai Helikopters het ingewillig om te help met die soektog.
Hulle het reeds op die toneel geland. Volgens inligting wat pas ontvang is, kon die Skymed-helikopter nie magtiging kry om te help met die soektog nie, weens mistige weerstoetsande by die plek waar hulle moes opstyg.
Volgens Suzette Herrer, redakteur van die Mossel Bay Advertiser, is die vermiste man moontlik in die see en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) staan die reddingspanne by. Herrer is tans op die toneel.
Twee hommeltuie is ook ingespan om die soektogspanne by te staan. Die hommeltuie het teen die rotswand na die man gesoek, maar die wind naby die water belemmer die soektog.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'