MOSSELBAAI NUUS - Die soektog na die 21-jarige wat vroeër vanmiddag vermis geraak het na hy tussen die Punt en Mosselbaai-gholflandgoed van rotse afgeval het, is uitgestel na môreoggend.
Volgens raadslid Leon van Dyk sal Cecil Shepherdstraat weer vroegoggend afgesper word sodat die drie helikopters wat met die soektog gehelp het, kan land.
Na privaat helikoptervlieënier Barnie Tromp asook Mosselbaai Helikopters vanmiddag geland het, is besluit dat dit te donker is en die soektog in die oggend hervat sal word.
Raadslid Van Dyk vra die publiek om asseblief die omgewing te vermy aangesien dit hul taak bemoeilik.
Die soektog sal môre, Maandag 21 Maart voortgesit word.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'