Update
MOSSELBAAI NUUS - Die polisie se seegrenseenheid, polisieduikers en die brandweer het op Dinsdag, 22 Maart die soektog na die vermiste Arno van der Mescht om 09:39 uitgestel as gevolg van watertoestande.
Volgens brandweerhoof, Joey Johnson is die water nie meer skoon soos gister nie en bemoeilik dit die soektog.
Die polisie se duikeenheid was ook vanoggend op die toneel, maar het ook onttrek. Vroegoggend is die ‘n hommeltuig ingespan, maar dit het geen verdere inligting opgelewer nie.
Rolspelers gaan môre Woensdag, 23 Maart weer vergader om ‘n plan van aksie uit te voer om die soektog na Van der Mecht voort te sit.
Hy het op Sondag, 20 Maart tydens ‘n staptog in die omgewing tussen die Punt en Mosselbaai-gholflandgoed op rotste gegly en in die see beland.
Arno van der Mescht
Vorige artikels:
- Vriende praat na 21-jarige onder water verdwyn
- Search for missing man continues
- Soektog na vermiste man gaan vandag voort
- Soektog na vermiste man uitgestel
- Helikopter deel van reddingspan na man van rotse val
- Soektog na 'n man wat van rotse val
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'