Update
MOSSELBAAI NUUS - Cecil Shephardstraat, Mosselbaai is steeds afgesper terwyl die soektog na ‘n vermiste 21-jarige man vooortduur.
Nooddienswerkers en ander wat hulp verleen is reeds op die toneel.
Die vermiste man, wie se naam aan die Mossel Bay Advertiser bekend is, het gister, 20 Maart van die rotse afgeval tussen die Punt en die Mosselbaai-gholflandgoed.
Sy naam word weerhou op tot alle naasbestaandes in kennis gestel is.
Die jong man het saam met vyf vriende gestap toe hy gegly het en van die rotse af in die water geval het.
'n Vrou het na ‘n nabygeleë woning in Cecil Shephardstraat gehardloop om hulp te ontbied. Helikopters, die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) en nooddienste gaan vanoggend weer ingespan word om te met die soektog.
Cecil Shephardstraat sal vir ‘n groot deel van die dag gesluit wees en die publiek word gevra om die area te vermy.
Cecil Shephardstraat sal vir ‘n groot deel van die dag gesluit wees.
Foto's: Suzette Herrer
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuuste Mosselbaai, Tuinroete nuus'