Update
MOSSELBAAI NUUS - ‘n 43-jarige onderwyser van Mosselbaai het gister weer in die plaaslike streekhof verskyn op aanklagte van onder meer verkragting en seksuele aanvoring.
Die verdagte is in September 2023 by Laerskool Park in hegtenis geneem.
Sy naam mag nie bekend gemaak word tot hy gepleit het op die aanklagte teen hom nie.
Dit is reeds ‘n jaar sedert borgtog aan die verdagte toegestaan is.
Die saak is uitgestel na 22 Januarie, 2025 omdat die verdagte se prokureur siek is en nie die hofsaak kon bywoon nie.
Vorige artikels:
- Onderwyser voer onder meer gesondheidsredes aan vir borgaansoek
- Slegs media mag onderwyser se borgaansoek bywoon
- Landdros siek, onderwyser se borgaansoek weer uitgestel
- Onderwyser vanoggend in hof
- Onderwyser se borgaansoek uitgestel
- Onderwys departement loods ondersoek na onderwyser se inhegtenisname
- Onderwyser bly in aanhouding tot borgaansoek
- Onnie vas vir beweerde verkragting
- Laerskool onderwyser vandag in hof
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’