Update
MOSSELBAAI NUUS - Die staat se derde getuie het vandag vir bykans drie ure aaneen in die rondgaande Hoërhof op Mosselbaai teen die 29-jarige moordverdagte, Stephen Lekoro getuig.
Tewie Human (72) en sy vrou Eurika (62) is op 14 Junie, 2016 in hulle woning in Sandhoogtepad op Groot-Brakrivier wreed vermoor. Eurika is met ‘n mes gesteek en Tewie is verskeie kere met ‘n panga en ‘n mes aangeval.
Lekoro is in November verlede jaar in Bloemfontein in hegtenis geneem nadat hy eers kort na die moord na Lesotho gevlug het.
Hy ontken skuld op twee aanklagte van moord en twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede.
Lekoro beweer dat hy tydens 'n argument op die oggend van die moord vir Tewie met 'n mes gesteek het maar daarna van die toneel gevlug het. Hy pak die skuld op sy vriend wat reeds twee lewenslange vonnisse vir sy aandeel in die dubbelmoord uitdien.
Die Humans se skoonseun, ds Gerhard Pietersen het vandag uitkennings op foto’s gemaak wat die polisie van sekuriteitskameras by vulstasie op Mosselbaai gekry het.
Op die foto’s kan gesien word hoe twee mans met bagasie deur die vulstasie loop en ‘n buskaartjies by die toonbank koop. Pietersen het die een man, wat op al drie foto’s verskyn as Lekoro uitgeken. Pietersen het aan Regter Mark Sher gesê een van die tasse lyk soos sy skoonma s’n. Tydens kruisondervraging het adv. Dawie Scholtz dit aan Pietersen gestel dat daar baie sulke tipe tasse te koop is en dat die spesifieke tas nie besonders uitstaan nie. Pietersen het toegegee dat hy nie vanaf die foto wat aan hom in die hof gewys is met sekerheid kan sê dat dit wel sy skoonma se tas is nie.
Die saak duur more voort waarna die post mortem verslag na verwagting bekend gemaak sal word.
Ds Gerhard Pietersen (regs).
Die foto's wat vandag aan die derde getuie in die hooggeregshofsaak gewys is. Die getuie, ds Gerhard Pietersen het aan die hof gesê hy erken een van die mans op die foto's as die moordverdagte, Stephen Lekoro.
Die foto's wat vandag aan die derde getuie in die hooggeregshofsaak gewys is. Die getuie, ds Gerhard Pietersen het aan die hof gesê hy erken een van die mans op die foto's as die moordverdagte, Stephen Lekoro.
Lees vorige artikels:
- Humans het glo oor verdagte gestry
- Eerste getuie in dubbelmoordsaak geroep
- Verhoor van dubbelmoordverdagte begin
- Double murder accused back in court
- Voortvlugtige moordverdagte vasgetrek
- Vermeende 'meesterbrein' vas na 2 jaar
- Groot-Brakrivier moordenaar in hegtenis
- Groot-Brak moordenaar swaar gevonnis
- Double murder: man found guilty
- Verdagte getuig vandag
- Eurika Human vermoedelik dadelik dood
- Human-moorde: verdagte pleit onskuldig
- Human-moorde: hofverrigtinge 'emosioneel'
- Groot-brak dubbele moord: familie by hof
- Dubbele moord: verdagte vandag in hof
- Groot-Brak-moorde: saak uitgestel
- Gru-moorde: Man in hof vir borgaansoek
- Opvolg: Verdagte in hof vir gru-moorde
- Groot-Brak gru-moorde: Verdagte in hof
- Verdagte vir Groot-Brak-egpaar se moord aangekla
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'