JONKERSBERG NUUS - Gister, op Woensdag, 8 Julie het die gemeenskap van Jonkersberg, Clodine Nuys se verjaarsdag, sonder haar gevier.
Nuys (22) het as bibliotekaresse op Jonkersberg gewerk. Sy is op Dinsdag, 11 Februarie vanjaar deur 'n inwoner van die dorpie wreedaardig vermoor.
Nuys se liggaam is laatmiddag agter die Jonkersberg Kleuterskool gekry, nadat haar familie na haar begin soek het. Sy het op haar maag gelê en haar voete was met kleefband vasgebind. Haar mond was met kleefband toegeplak en daar was ‘n kabelband om haar nek.
Die verdagte, Russel Ayford (24) het op Dinsdag, 18 Februarie sy eerste verskyning in die landdroshof op Groot-Brakrivier gemaak en is steeds in aanhouding. Hy het nog nie om borgtog aansoek gedoen nie en ook nog nie op die moordklag teen hom gepleit nie.
Nuys is gebore op 8 Julie, 1997. Haar familie en vriende sê sy sal altyd in hulle harte wees. "Die verlange in ons gemeenskap is groot." Dit is nog nie bekend wanneer Ayford weer in die hof sal verskyn nie omdat hofdatums weens die Covid-19 pandemie uitgestel is.
Polisiebeamptes van Groot-Brakrivier, wat die woordvoerder, Laurianne Botha insluit, saam met Nuys se familie.
VERWANTE ARTIKELS:
- Vermoorde bibliotekaresse sou môre verjaar
- Bibliotekaresse begrawe
- Pa bid vóór moord
- Gemeenskap sê nee vir borg
- Moord ruk dorpie, verdagte vas
- Moordverdagte probeer weghardloop
- Gemeenskap geruk deur Clodine se wrede dood
- Vrae oor motief na bibliotekaresse wreed vermoor is
- Liggaam van bibliotekaresse gevind
'Ons bring jou die nuutste Jonkersberg, Tuinroete nuus'