JONKERSBERG NUUS - Die 24-jarige verdagte wat vanoggend in hegtenis geneem is in verband met die wreedaardige moord op 'n bibliotekaresse van Jonkersberg, die 22-jarige Clodine Nuys sal Maandag in die Mosselbaai Landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord.
Polisiewoordvoerder, kapt Malcolm Pojie sê dit is te danke aan die deursettingsvermoë en toewyding van die polisie op Groot-Brakrivier dat die verdagte so spoedig in hegtenis geneem is.
Luister hier na kaptein Malcolm Pojie.
Die man het tussen bosse op Jonkersberg weggekruip sedert gister nadat speurders na sy woning is.
Gemeenskapslede, bosbou personeel en die polisie het vanoggend ‘n soektog na die verdagte voortgesit.
Hy het in die bosse weggekruip en probeer weghardloop maar die ondersoekbeampte in die saak, sersant Ferdie Nel het met die hulp van die gemeenskap die verdagte vasgetrek.
Die man bly in aanhouding by die polisiestasie op Groot-Brakrivier. Die motief agter die moord is nie bekend nie.
Intussen word ‘n nadoodse ondersoek vandag op Clodine gedoen om die presiese oorsaak van haar dood te bepaal.
Clodine Nuys se kêrel, Luciano Maniwil huil en word getroos deur gemeenskapslede nadat 'n verdagte in verband met haar moord in hegtenis geneem is.
Lees verwante artikels:
- Gemeenskap geruk deur Clodine se wrede dood
- Vrae oor motief na bibliotekaresse wreed vermoor is
- Liggaam van bibliotekaresse gevind
'Ons bring jou die nuutste Jonkersberg, Tuinroete nuus'