Update
JONKERSBERG NUUS - Die gemeenskap van Jonkersberg is geskud na die sinnelose moord op die dorp se bibliotekaresse, die 22-jarige Clodine Nuys.
Nuys se liggaam is gisteraand om 18:15 deur ‘n tienerseun gevind wat aan die soektog wat deur die gemeenskap geloods is, deelgeneem het.
Nuys is laas lewend gesien toe sy haar woning om 07:00 te voet verlaat het om vir die dag by die dorp se biblioteek te werk.
Die biblioteek sluit om 16:00 maar Nuys het nooit by die huis opgedaag nie.
Haar voete is vasgebind met kleefband en daar was kleefband oor haar mond. Sersant Laurianne Botha van die Groot-Brakrivier polisiestasie het bevestig dat ‘n kabelband om Nuys se nek gevind is.
‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word en die polisie ondersoek ‘n saak van moord. Die polisie kon nie bevestig of Nuys verkrag is nie.
Haar selfoon en die sleutels van die biblioteek word vermis.
Lees 'n vorige artikel: Liggaam van bibliotekaresse gevind
'Ons bring jou die nuutste Jonkersberg, Tuinroete nuus'