JONKERSBERG NUUS - Die 22-jarige Clodine Nuys (22) wat op Jonkersberg vermoor is, se roudiens is op Saterdag, 22 Februarie by die Verenigde Gereformeerde Kerk op Groot-Brakrivier gehou.
Nuys, 'n bibliotekaresse se liggaam is op Dinsdag, 11 Februarie deur 'n tienerseun agter die dorp se kleuterskool gevind.
Die vermoede bestaan dat sy verwurg is maar 'n nadoodse ondersoek uitslag is nog nie bekend gemaak nie.
Intussen is 'n 24-jarige man, Russel Ayford, in verband met die moord in hegtenis geneem. Ayford bly in aanhouding en verskyn weer op 9 Maart in die Mosselbaai-landdroshof vir 'n formele borgaansoek.
Honderde inwoners en familielede van Nuys het die roudiens op Groot Brak bygewoon.
Clodine Nuys se suster word tydens die roudiens deur 'n inwoner van Jonkersberg, Shirley Matthews getroos.
Clodine Nuys.
VERWANTE ARTIKELS:
- Pa bid vóór moord
- Gemeenskap sê nee vir borg
- Moord ruk dorpie, verdagte vas
- Moordverdagte probeer weghardloop
- Gemeenskap geruk deur Clodine se wrede dood
- Vrae oor motief na bibliotekaresse wreed vermoor is
- Liggaam van bibliotekaresse gevind
'Ons bring jou die nuutste Jonkersberg, Tuinroete nuus'