Update
MOSSELBAAI NUUS - Die 24-jarige Russel Ayford het op Donderdag 11 Februarie in die Mosselbaai Streekhof skuldig gepleit op die moord van Clodine Nuys (22), ‘n bibliotekaresse op Jonkersberg.
Nuys se liggaam is op 11 Februarie 2020 agter die Jonkersberg Kleuterskool gekry, nadat haar familie na haar begin soek het.
Sy het op haar maag gelê en haar voete was met kleefband vasgebind. Haar mond was met kleefband toegeplak en daar was ‘n kabelband om haar nek.
Ayford het tydens die polisie se ondersoek na die moord, in bosse buite Jonkersberg geskuil, maar is kort daarna tydens 'n spanpoging deur die polisie, die gemeenskap en bosbouers in hegtenis geneem.
Hy is sedertdien in aanhouding.
Clodine was glo bevriend met Ayford se meisie en het hom dus geken.
Familielede van Ayford woon steeds op Jonkersberg en hy het ook familie op Groot-Brakrivier.
Die saak is uitgestel na 26 Februarie.
Russell Ayford word deur lede van die gemeenskap na die polisie se vangwa geneem kort na sy in hegtenisname.
Vorige artikels:
- Vermoorde bibliotekaresse sou môre verjaar
- Bibliotekaresse begrawe
- Pa bid vóór moord
- Gemeenskap sê nee vir borg
- Moord ruk dorpie, verdagte vas
- Moordverdagte probeer weghardloop
- Gemeenskap geruk deur Clodine se wrede dood
- Vrae oor motief na bibliotekaresse wreed vermoor is
- Liggaam van bibliotekaresse gevind
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'