MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai se nooddienste is vanmiddag om ongeveer 15:30 na 'n toneel op die N2 naby die Langeberg Mall ontbied waar 'n bestuurder van 'n Volkswagen Polo vermoedelik beheer oor die motor verloor het.
Niemand is tydens die voorval beseer nie.
Geen ander voertuie was in die voorval betrokke nie en die voorval word ondersoek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’