Gallery
TUINROETE NUUS - Die interskole tussen Hoërskool Punt en Langenhoven Gimnasium het vandag, Saterdag 15 Augustus, tot ’n einde gekom.
En wat ’n opwindende paar dae van sport was dit nie in Mosselbaai nie!
Dié jaarlikse samekoms het op Woensdag 12 Augustus met gholf en padel afgeskop. Punt het beide hierdie twee sporte gewen.
Skaak, debat, muurbal en sommige hokkiewedstryde is Vrydag gespeel waarna die hokkie weer Saterdag saam met die netbal en rugby voortgegaan het.
By die eerste spanne het Punt se meisies en seuns hulle hokkiewedstryde met 2 – 1 gewen, Gimmies se eerstes het by die netbal ’n oorwinning behaal, 29 – 25, en by die rugby het Punt met 25 – 24 koning gekraai.
Die res van die resultate sal bekendgemaak word sodra alles beskikbaar is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’