Sy was geklee in ‘n groen baadjie, groen broek en swart tekkies. Sy het al haar persoonlike en waardevolle items (selfoon, beursie ens.) by die huis gelos. Indien enigiemand weet waar sy is, of haar onlangs gesien het, skakel asseblief vir Enrico Flanck by 066 403 8573 of die ondersoekbeampte adjudant-offisier Lee-Ann Geldenhuys by 044 803 3301 of 084 464 6084, of Stop Misdaad by 08600 10111.