Update
MOSSELBAAI NUUS - ’n Matriekleerder van Hoërskool Punt, Anke du Preez, wat gisteroggend, 25 Augustus, ernstig in ’n ongeluk in Louis Fourieweg in Voorbaai beseer is, is in ’n mediese koma geplaas.
Du Preez word tans in die intensiewesorgeenheid van die George-hospitaal behandel.
Sy was met haar motorfiets op pad skool toe toe die ongeluk gebeur het.
’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat haar motorfiets met ’n ander voertuig gebots het. Die presiese omstandighede van die ongeluk is nog nie bekend nie.
Haar ma, Hannetjie Schoeman, sê hoewel die volle omvang van Du Preez se beserings nog bepaal moet word, het sy ’n gebreekte arm en neus opgedoen, terwyl sy ook pelvisbeserings het.
“Sy moet ’n operasie aan haar arm ondergaan, maar is nog nie stabiel genoeg om met die operasie voort te gaan nie,” het Schoeman gesê.
Die gesin het nie ’n mediese fonds nie. Intussen is ’n BackaBuddy-veldtog, Help Anke Du Preez Recover and Rebuild Her Future, van stapel gestuur om die gesin met die koste van haar behandeling en herstel te help.
Vorige artikels:
Matriekleerder ernstig beseer in Mosselbaai-ongeluk
Jong Mosselbaaier stel haar eerste liedjie op Spotify vry
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’