MOSSELBAAI NUUS - Dis weer daardie tyd van die jaar wanneer skoolverlaters vir Matriekbaai op die dorp toesak.
Dié makietie, wat vanjaar vir die vyfde keer na Mosselbaai terugkeer, skop more, Vrydag 27 November, amptelik af en sal tot Donderdag 3 Desember duur.
Daarna vind Amfihart die Vrydag en Saterdag by die ATKV Hartenbos-amfiteater plaas - hier is matrieks sowel as hulle families welkom.
Die organiseerder, Lian Fourie, sê Matriekbaai het 'n kapasiteit van 3 500 persone, en hulle sien daarna uit om almal te verwelkom. "Ons het nou al die perfekte set-up uitgewerk en weet wat werk; nou kleur ons net verder in," sê hy oor die program wat vir Matriekbaaiers voorlê.
Daar is tema-aande wat strek van Kersfees tot Egipte, Mega Club by Langeberg Mall (wat ook nog op 4 en 5 Desember oop sal wees) en Bakgat vir afterparties, asook die Santos-dagparadys waar onder meer Mnr. en Mej. Matriekbaai en 'n 'dinosaurus'-resies sal plaasvind.
Sondag word die Springbok-rugbywedstryd selfs vir die feesgangers op 'n grootskerm aangebied.
Feesgangers in Matriekbaai se Mega Club by Langeberg Mall. Foto: Linzetta Calitz
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’