Breaking News
MOSSELBAAI NUUS - ’n Matriekleerder van Hoërskool Punt, Anke du Preez, is vanoggend ernstig beseer in ’n ongeluk in Louis Fourieweg in Voorbaai, Mosselbaai.
Du Preez was met haar motorfiets op pad skool toe toe die ongeluk gebeur het.
Volgens haar ma, Hannetjie Schoeman, was paramedici lank op die toneel om haar te stabiliseer. Du Preez is tans in die Mosselbaai-hospitaal, maar sal volgens Schoeman vir ’n CT-skandering na George-hospitaal oorgeplaas word. Sy sou vanoggend haar rekenaartoepassingstegnologie-eksamen skryf.
Anke se motorfiets is in die ongeluk afgeskryf. Foto: Verskaf
Schoeman sê sy kon slegs sowat vyf minute by haar dogter wees. “Sy kan nie praat nie,” sê Schoeman.
Volgens haar ma het Du Preez verskeie beserings opgedoen, onder meer ’n gebreekte arm en neus.
Die volle omvang van haar beserings is nog nie bekend nie.
Meer inligting oor die ongeluk en Du Preez se toestand sal volg sodra dit beskikbaar is.
Mossel Bay Advertiser het in November verlede jaar oor Du Preez berig, nadat sy haar eerste liedjie op Spotify vrygestel het.
Vorige artikel:
Jong Mosselbaaier stel haar eerste liedjie op Spotify vry
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’