HARTENBOS NUUS - Die man (24) wat Maandag 17 Augustus in ’n botsing tussen ’n taxi en motorfiets op die R102 naby Hartenbos oorlede is, is as Armand du Plessis geïdentifiseer.
’n Woordvoerder vir die Suid-Kaap-polisie, lt.kol. Malcolm Pojie, het gesê Du Plessis was onderweg na sy werk by die Garden Walk Mall se Food Lovers toe die botsing plaasgevind het.
Du Plessis se stiefpa, Marc de Beer, het gesê Du Plessis het sy skoolloopbaan by Hoërskool Punt voltooi.
Hulle is tans besig met begrafnisreëlings en het gesê hulle sal in ’n latere stadium ’n huldeblyk aan Du Plessis lewer.
Die Da Gamaskop-polisie het ’n 29-jarige man op die ongelukstoneel gearresteer en sake van strafbare manslag en dronkbestuur geopen.
Die verdagte het gister in die Mosselbaai-landdroshof verskyn. Hy is op ’n waarskuwing vrygelaat en sal weer op 29 September voorkom.
Vorige artikel
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’