MOSSELBAAI NUUS - Die Eden-fotografievereniging se junior en seniorwenners vir Augustus is op Dinsdag 11 Augustus, by die Diaz Hotel aangekondig.
Die vereniging kom elke maand op die tweede Dinsdag by die hotel byeen.
Die seniorwenner is Marianna Erasmus met haar foto, Mad Hatter and Alice, terwyl George Rautenbach se foto, Silhouette in the Mist, as die juniorwenner aangewys is.
Belangstellendes word uitgenooi om die klub te besoek.
Vir enige navra kontak Johan van Aarde by 084 760 0602.
'Silhouette in the Mist' deur George Rautenbach.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’