MOSSELBAAI ROLBALNUUS - Hartenbos-rolbalklub het op Dinsdag, 2 November hul maandelikse Spardag gehou.
Die weer het saamgespeel en 82 klublede het aan die kompetisie deelgeneem.
Heerlike eetgoed is voorgesit en 'n aangename atmosfeer het geheers.
Chris Hockney en sy span bestaande uit Bertus Pienaar, Petro Nel en Marina Pretorius het as wenners uit die stryd getree het.
Ferdie Nel (links) oorhandig die wenspan se pryse aan hulle. Van links is Nel, Bertus Pienaar, Chris Hockney, Petro Nel en Marina Pretorius.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'