MOSSELBAAI NUUS - Die Eden-fotografievereniging het op Maandag 10 November sy maandelikse byeenkoms in die Diaz-hotel aangebied.
Daar is sewe kategorieë waaronder die fotograwe kan deelneem: menslike portrette, landskappe, natuur, fotojoer-nalistiek, ope afdeling, visuele kunste en die maandelikse voorgeskrewe onderwerp.
Die senior wenner vir November was Gerda Fouche se Wings of Flames (natuur) terwyl George Rautenbach se Jetty at Vic Bay (landskappe) as die junior wenner aangekondig is.
Fotografie-entoesiaste en diegene wat by die vereniging wil aansluit, kan Johan van Aarde by 084 760 0602 skakel, en kan na die groep se Facebook-blad (Eden Photographic Society) loer.
George Rautenbach se Jetty at Vic Bay (landskappe) is as die junior wenner aangekondig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’