Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS & VIDEO - Mossel Bay Advertiser was vandag, Woensdag 3 Desember, by Matriekbaai se Santos-dagparadys om uit te vind waar sommige van die partytjiegangers vandaan kom en wat sover hulle gunstelingdeel van die afgelope paar dae was.
Sommiges geniet die mense en ander die verskeidenheid van optredes wat vir hulle beskikbaar is.
Verder is die strand ook natuurlik altyd ’n bonus en meer as een het gesê hulle geniet hulle drankies!
Die Megaclub-venue by Langeberg Mall het ook ’n paar se goedkeuring ontvang.
VIDEO: Wie, van waar en gunstelinge
Donderdag, 4 Desember is die sewende en laaste dag van Matriekbaai.
Kyk ook dié video: Is dit ’n dinosourus op die strand?
Op Vrydag 5 Desember skuif die joligheid na die ATKV Hartenbos-amfiteater vir Amfihart. Hier sal daar Vrydag en Saterdag vertonings plaasvind.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’