GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Charlie Laubser (44), ’n inwoner van die House of Valor-halfweghuis in Friemersheim, is as vermis aangemeld.
House of Valor is ’n organisasie sonder winsoogmerk wat verslaafdes help ná hulle reeds deur die rehabilitasieproses is. Laubser woon reeds sedert Desember 2024 daar.
Volgens die Groot-Brakrivier-polisie is hy Saterdag 29 November laas by die organisasie gesien. Hy het ’n grysswart baadjie en sweetpakbroek aangehad.
Enigeen wat moontlik vir Laubser gesien het of inligting het wat kan help om hom te vind, moet die Groot-Brak-polisie by 044 620 8300 skakel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’