Update
MOSSELBAAI NUUS - Die 27-jarige man wat aangekla word van die moord op die Barbarians-rugbyspeler, Leroy Koopman (34), het Maandag 4 Augustus vlugtig in die Mosselbaai-landdroshof verskyn.
Na’min October het tydens sy verskyning sy borgtogaansoek van stapel gestuur.
October is voorheen op 24 Junie borgtog geweier. Hy is egter nou van voorneme om weer daarvoor aansoek te doen, glo na aanleiding van nuwe bewyse.
Die proses is steeds aan die gang, en October sal weer op Maandag 11 Augustus in die hof verskyn.
Ten tyde van sy eerste borgtogaansoek is daar in die hof protes aangeteken dat as October borgtog sou kry, dit traumaties vir Koopman se weduwee, Janine, en sy drie kinders sal wees.
Koopman is Sondag 15 Junie met ’n skerp voorwerp voor sy grootouers se huis in Adriaanslaan, KwaNonqaba, doodgesteek. October en Koopman was bure en glo bevriend.
October is sedert sy inhegtenisname in polisieaanhouding.
Vorige artikels:
- Bail hearing for accused in Koopman murder
- Koopman-moord: verdagte in hof
- Mosselbaai Barbarians-speler vermoor
- Verdagte in Koopman-moord verskyn in hof
- 'Vandag ken ek my man se lyf uit' - Barbarians-rugbyspeler se weduwee
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’