Update
MOSSELBAAI NUUS - Die 27-jarige man wat vir die moord op die Barbarians-rugbyspeler, Leroy Koopman, in hegtenis geneem is, het vanmiddag in die Mosselbaai-landdroshof verskyn.
Die verdagte is intussen as N’amin October geïdentifiseer.
October is deur die landdros gewaarsku dat hy van ‘n ernstige misdryf aangekla word.
Janine Koopman, Leroy Koopman en sy dogter en seun tydens die paartjie se troue.
Die saak is uitgestel na volgende Maandag, 23 Junie, vir ’n formele borgtogaansoek.
October bly in aanhouding.
Die omstandighede van die voorval is nog nie bekend nie en vorm deel van die polisie se ondersoek.
Vorige artikels:
‘Vandag ken ek my man se lyk uit’ - Barbarians-rugbyspeler se weduwee
Mosselbaai Barbarians-speler vermoor