Update
MOSSELBAAI NUUS - Die 27-jarige man wat vir die moord op die Barbarians-rugbyspeler, Leroy Koopman (34), in hegtenis geneem is, sal na verwagting vandag formeel om borgtog aansoek doen.
Die verdagte, N’amin October, is kort ná Koopman se moord op Sondag, 15 Junie, vasgetrek.
Die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Chris Spies, sê Koopman is om ongeveer 02:00 daardie
Sondagoggend met ‘n skerp voorwerp in Adriaanslaan, KwaNonqaba, doodgesteek.
October is sedertdien in aanhouding en staar ‘n aanklag van moord in die gesig.
Die omstandighede van die voorval is nog nie bekend nie en vorm deel van die polisie se ondersoek.
Vorige artikels:
- ‘Vandag ken ek my man se lyk uit’ - Barbarians-rugbyspeler se weduwee
- Mosselbaai Barbarians-speler vermoor
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’