MOSSELBAAI NUUS - 'n Roudiens word Donderdag, 27 Februarie, vir Felicia "Blommie" Micheals (15) op Brandwag gehou.
Diegene wat die roudiens wil bywoon kan om 18:30 by die Brandwag-gemeenskapsaal bymekaarkom.
'n Konvooi sal daarvandaan vertrek na 'n woning waar die roudiens gehou sal word.
Blommie se liggaam is op 1 Februarie in 'n vlak graf in 'n afgesonderde gebied buite Brandwag gevind ná sy as vermis aangemeld is - sy is laas op 26 Januarie lewend in die gebied gesien.
Die verdagte in haar moord, Neavan Misland, is nog in aanhouding ná hy op 6 Februarie sy borgaansoek laat vaar het. Hy verskyn weer op 24 Maart in die Mosselbaai-landdroshof.
Volgens inwoners van Brandwag was Micheals in 'n verhouding met Misland.
Vorige artikels:
- Vermiste meisie (15) se liggaam gevind
- Verdagte in moordsaak help glo soek na haar liggaam
- Verdagte in meisie (15) se moordsaak laat vaar borgaansoek
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’