Update
BRANDWAG NUUS - Die 27-jarige Neavan Misland het vanoggend sy tweede verskyning in die Mosselbaai-landdroshof gemaak nadat hy aangekla is van die moord op die 15-jarige Felicia Micheals.
Micheals, ook bekend as Blommie, se liggaam is Saterdag 1 Februarie, in 'n vlak graf op Brandwag gevind is.
Die gemeenskap van Brandwag is woedend na die tiener se moord en het vanoggend weer voor die hof met plakkate betoog en daarop aangedring dat Misland nie borg moet kry nie.
Hy het egter tydens sy hofverskyning aangedui dat hy nie om borgtog sal aansoek doen nie en sy borgaansoek laat vaar.
Die verdagte Neavan Misland tydens sy eerste hofverskyning. Foto: Dexter Brinkhuis
Micheals sou volgende week haar 16de verjaarsdag vier.
Die saak is uitgestel na 24 Maart en Misland bly in aanhouding.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’